Advanced search options

Advanced Search Options 🞨

Browse by author name (“Author name starts with…”).

Find ETDs with:

in
/  
in
/  
in
/  
in

Written in Published in Earliest date Latest date

Sorted by

Results per page:

Sorted by: relevance · author · university · dateNew search

You searched for subject:(Staalbedryf). Showing records 1 – 2 of 2 total matches.

Search Limiters

Last 2 Years | English Only

No search limiters apply to these results.

▼ Search Limiters


University of Pretoria

1. Joubert, Cornelius Johannes. Die ontwikkeling van 'n keuringsprogram met die oog op die identifisering van kandidate vir opleiding as voormanne (Afrikaans).

Degree: Psychology, 2013, University of Pretoria

AFRIKAANS: As gevolg van die verhoogde eise wat aan die voorman, as eerste vlak van bestuur, in die staalbedryf gestel word, is ondersoek ingestel om 'n keuringsprogram te ontwikkel vir die identifisering van geskikte kandidate vir opleiding as voormanne. Aangesien daar nie definitiewe riglyne in die beskikbare literatuur verkry kon word oor watter sielkundige voorspellers en kriteria nagevors moes word nie, is taakontledings van verskeie voormanposte gevolglik uitgevoer en gebaseer hierop, tesame met resultate van sommige ondersoeke wat in die literatuur opgespoor is, is 'n eksperimentele keuringsprogram saamgestel wat uit kognitiewe- sowel as persoonlikheidstoetse bestaan het. Beoordeling van werkprestasie, gebaseer op Flanagan se kritiese insidentetegniek, is as kriterium van werksukses aangewend terwyl 'n tweede kriterium, naamlik dienstydperk, ook in die proses wetenskaplik bestudeer is. 'n Totaal van 142 proefpersone, te wete 82 produksie- en 60 instandhoudingsvoormanne, is aan sielkundige toetsing onderwerp. Die statistiese verwerkings het korrelasieberekenings, regressieontledings, diskriminantontleding, t-toetse en die bepaling van persentielwaardes, onder andere, ingesluit. Deur gebruikmaking van die t-toets is 'n aantal statisties betekenisvolle verskille tussen die twee groepe voormanne gevind wat saaklik bespreek word. Nadat 'n meervoudige regressieontleding vir die totale groep voormanne bereken is, is afsonderlike regressieontledings vir die twee voormangroepe bereken en beter resultate is hiermee behaal ten opsigte van die statisties betekenisvolle verband tussen 'n aantal veranderlikes, oorwegend persoonlikheidsfaktore, en albei kriteria. By wyse van 'n diskriminantontleding waarmee proefpersone se groeplidmaatskap op grond van sielkundige hoedanighede voorspel word, is 76,50% van die voormanne korrek geklassifiseer as óf produksie- óf instandhoudingsvoormanne. Die voorspellingsdoeltreffendheid van die keuringsprogram insake klassifikasie, prestasiebeoordeling en dienstydperk van potensiele voormanne is dus bo alle redelike twyfel bewys. Die resultate van die huidige ondersoek is oor die algemeen beter as dié wat in verwante ondersoeke verkry is. Dit kan enersyds te wyte wees aan die aard van die sielkundige voorspellers en die criteria wat beoordeel is en andersyds aan die aanwending van diskriminantontleding en afsonderlike voorspellingsmodelle betreffende die twee voormangroepe. Die finale keuringsprogram bestaan uit biografiese gegewens asook toetse van intelligensie, meganiese insig en persoonlikheid. Ten slotte het die ondersoek bewys gelewer dat daar tog met behulp van persoonlikheidsfaktore 'n voorspelling gemaak kan word van die werksukses en dienstydperk van albei soort voormanne in die staalbedryf en dat die bestaansreg van persoonlikheidsmeting, net soos die van kognitiewe eienskappe, geregverdig is in personeelkeuring. ENGLISH: As a result of the increased demands made on the foreman, representing the first level of management in the steel industry, an investigation was conducted to… Advisors/Committee Members: Dr G J Smit (advisor).

Subjects/Keywords: Staalbedryf; Opleiding van voormanne; Foreman; Management in the steel industry; UCTD

Record DetailsSimilar RecordsGoogle PlusoneFacebookTwitterCiteULikeMendeleyreddit

APA · Chicago · MLA · Vancouver · CSE | Export to Zotero / EndNote / Reference Manager

APA (6th Edition):

Joubert, C. (2013). Die ontwikkeling van 'n keuringsprogram met die oog op die identifisering van kandidate vir opleiding as voormanne (Afrikaans). (Masters Thesis). University of Pretoria. Retrieved from http://hdl.handle.net/2263/30310

Chicago Manual of Style (16th Edition):

Joubert, Cornelius. “Die ontwikkeling van 'n keuringsprogram met die oog op die identifisering van kandidate vir opleiding as voormanne (Afrikaans).” 2013. Masters Thesis, University of Pretoria. Accessed December 12, 2019. http://hdl.handle.net/2263/30310.

MLA Handbook (7th Edition):

Joubert, Cornelius. “Die ontwikkeling van 'n keuringsprogram met die oog op die identifisering van kandidate vir opleiding as voormanne (Afrikaans).” 2013. Web. 12 Dec 2019.

Vancouver:

Joubert C. Die ontwikkeling van 'n keuringsprogram met die oog op die identifisering van kandidate vir opleiding as voormanne (Afrikaans). [Internet] [Masters thesis]. University of Pretoria; 2013. [cited 2019 Dec 12]. Available from: http://hdl.handle.net/2263/30310.

Council of Science Editors:

Joubert C. Die ontwikkeling van 'n keuringsprogram met die oog op die identifisering van kandidate vir opleiding as voormanne (Afrikaans). [Masters Thesis]. University of Pretoria; 2013. Available from: http://hdl.handle.net/2263/30310


University of Pretoria

2. [No author]. Die ontwikkeling van 'n keuringsprogram met die oog op die identifisering van kandidate vir opleiding as voormanne (Afrikaans) .

Degree: 2013, University of Pretoria

AFRIKAANS: As gevolg van die verhoogde eise wat aan die voorman, as eerste vlak van bestuur, in die staalbedryf gestel word, is ondersoek ingestel om 'n keuringsprogram te ontwikkel vir die identifisering van geskikte kandidate vir opleiding as voormanne. Aangesien daar nie definitiewe riglyne in die beskikbare literatuur verkry kon word oor watter sielkundige voorspellers en kriteria nagevors moes word nie, is taakontledings van verskeie voormanposte gevolglik uitgevoer en gebaseer hierop, tesame met resultate van sommige ondersoeke wat in die literatuur opgespoor is, is 'n eksperimentele keuringsprogram saamgestel wat uit kognitiewe- sowel as persoonlikheidstoetse bestaan het. Beoordeling van werkprestasie, gebaseer op Flanagan se kritiese insidentetegniek, is as kriterium van werksukses aangewend terwyl 'n tweede kriterium, naamlik dienstydperk, ook in die proses wetenskaplik bestudeer is. 'n Totaal van 142 proefpersone, te wete 82 produksie- en 60 instandhoudingsvoormanne, is aan sielkundige toetsing onderwerp. Die statistiese verwerkings het korrelasieberekenings, regressieontledings, diskriminantontleding, t-toetse en die bepaling van persentielwaardes, onder andere, ingesluit. Deur gebruikmaking van die t-toets is 'n aantal statisties betekenisvolle verskille tussen die twee groepe voormanne gevind wat saaklik bespreek word. Nadat 'n meervoudige regressieontleding vir die totale groep voormanne bereken is, is afsonderlike regressieontledings vir die twee voormangroepe bereken en beter resultate is hiermee behaal ten opsigte van die statisties betekenisvolle verband tussen 'n aantal veranderlikes, oorwegend persoonlikheidsfaktore, en albei kriteria. By wyse van 'n diskriminantontleding waarmee proefpersone se groeplidmaatskap op grond van sielkundige hoedanighede voorspel word, is 76,50% van die voormanne korrek geklassifiseer as óf produksie- óf instandhoudingsvoormanne. Die voorspellingsdoeltreffendheid van die keuringsprogram insake klassifikasie, prestasiebeoordeling en dienstydperk van potensiele voormanne is dus bo alle redelike twyfel bewys. Die resultate van die huidige ondersoek is oor die algemeen beter as dié wat in verwante ondersoeke verkry is. Dit kan enersyds te wyte wees aan die aard van die sielkundige voorspellers en die criteria wat beoordeel is en andersyds aan die aanwending van diskriminantontleding en afsonderlike voorspellingsmodelle betreffende die twee voormangroepe. Die finale keuringsprogram bestaan uit biografiese gegewens asook toetse van intelligensie, meganiese insig en persoonlikheid. Ten slotte het die ondersoek bewys gelewer dat daar tog met behulp van persoonlikheidsfaktore 'n voorspelling gemaak kan word van die werksukses en dienstydperk van albei soort voormanne in die staalbedryf en dat die bestaansreg van persoonlikheidsmeting, net soos die van kognitiewe eienskappe, geregverdig is in personeelkeuring. ENGLISH: As a result of the increased demands made on the foreman, representing the first level of management in the steel industry, an investigation was conducted to… Advisors/Committee Members: Dr G J Smit (advisor).

Subjects/Keywords: Staalbedryf; Opleiding van voormanne; Foreman; Management in the steel industry; UCTD

Record DetailsSimilar RecordsGoogle PlusoneFacebookTwitterCiteULikeMendeleyreddit

APA · Chicago · MLA · Vancouver · CSE | Export to Zotero / EndNote / Reference Manager

APA (6th Edition):

author], [. (2013). Die ontwikkeling van 'n keuringsprogram met die oog op die identifisering van kandidate vir opleiding as voormanne (Afrikaans) . (Masters Thesis). University of Pretoria. Retrieved from http://upetd.up.ac.za/thesis/available/etd-12102012-101313/

Chicago Manual of Style (16th Edition):

author], [No. “Die ontwikkeling van 'n keuringsprogram met die oog op die identifisering van kandidate vir opleiding as voormanne (Afrikaans) .” 2013. Masters Thesis, University of Pretoria. Accessed December 12, 2019. http://upetd.up.ac.za/thesis/available/etd-12102012-101313/.

MLA Handbook (7th Edition):

author], [No. “Die ontwikkeling van 'n keuringsprogram met die oog op die identifisering van kandidate vir opleiding as voormanne (Afrikaans) .” 2013. Web. 12 Dec 2019.

Vancouver:

author] [. Die ontwikkeling van 'n keuringsprogram met die oog op die identifisering van kandidate vir opleiding as voormanne (Afrikaans) . [Internet] [Masters thesis]. University of Pretoria; 2013. [cited 2019 Dec 12]. Available from: http://upetd.up.ac.za/thesis/available/etd-12102012-101313/.

Council of Science Editors:

author] [. Die ontwikkeling van 'n keuringsprogram met die oog op die identifisering van kandidate vir opleiding as voormanne (Afrikaans) . [Masters Thesis]. University of Pretoria; 2013. Available from: http://upetd.up.ac.za/thesis/available/etd-12102012-101313/

.