Advanced search options

Advanced Search Options 🞨

Browse by author name (“Author name starts with…”).

Find ETDs with:

in
/  
in
/  
in
/  
in

Written in Published in Earliest date Latest date

Sorted by

Results per page:

You searched for subject:(Milieu geremde). One record found.

Search Limiters

Last 2 Years | English Only

No search limiters apply to these results.

▼ Search Limiters


University of South Africa

1. Plaatjies, Bernadictus O’Brain. Ondersoek na onderrigpraktyke in skryfvaardighede aan milieu-geremde leerders by plattelandse skole in die Wes-Kaap.

Degree: 2016, University of South Africa

Leerders wat uit swak sosio-ekonomiese omstandighede kom, die sogenaamde milieu-geremde leerders, se prestasie in geletterdheid is dikwels baie swakker as diegene wat uit meer bevoorregte huise uit kom. Skryf, as ‘n kernaspek van geletterdheidsvaardighede, kan tereg beskou word as een van die ingewikkeldste vaardighede. Die bemeestering daarvan stel ‘n bykans onbereikbare eis aan die milieu-geremde leerder en kan grootliks toegeskryf word aan die leeragterstande wat sulke leerders ondervind. Die probleem word dikwels vererger deur ‘n gebrek aan opvoederbekwaamheid en die algemene afwesigheid van goeie onderwys waar hierdie leerders skoolgaan. Hoewel baie ingrypingsmaatreëls en strategieë deur die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) en ook die Departement van Basiese Onderwys (DBO) al van stapel gestuur is om die talle uitdagings rondom veral geletterdheidsprestasie hok te slaan, blyk dit dat ingrypings om leerders se skryfvaardighede te verbeter, dikwels afgeskeep word. Hierdie konstruktivistiese studie was daarop gemik om ‘n omvattende ondersoek te doen en die uitdagings wat milieu-geremde leerders ten opsigte van skryfvaardighede ondervind, op ‘n holistiese wyse binne die konteks van arm plattelandse skole aan te spreek. Hierdie kwalitatiewe ondersoek is uitgevoer by nege plattelandse skole in die Weskusdistrik van die Wes-Kaap. Taalopvoeders in die Intermediêre Fase is in die studie betrek. Die skole is geleë in woongebiede waar opsigtelike tekens van swak sosio-ekonomiese omstandighede voorkom, en gekies vanweë hulle status as skole in die laer kwintiele. Die teoretiese perspektiewe van Piaget, Vygotski, Bronfenbrenner en Bandura met hul fokus op sosiokulturele teorieë van leer, is bestudeer. Bepaalde strategieë en beginsels is vanuit hierdie perspektiewe met hierdie studie in verband gebring. Die bevordering van skryfvaardighede in die konstruktivistiese klaskamer is bestudeer met klem op Brian Cambourne (1934-) se invloedryke werk wat fokus op die voorwaardes vir leer en ook op die wyse waarop opvoeders ‘n klaskameretos kan skep om goeie skryfvaardighede te ontwikkel. Die konstruktivistiese beskouing het ook die dataversamelingsproses gerig en uit die data is temas en subtemas geïdentifiseer wat bespreek en ontleed is. Bevindinge in hierdie navorsing het getoon dat skryf ‘n ingewikkelde aktiwiteit vir beide opvoeders en leerders is en dat die onderrig en bevordering daarvan in vele opsigte te kort skiet. Opvoeders beskik oor beperkte kennis en begrip ten opsigte van die onderrig en assessering van skryfvaardighede. Die bevindinge toon ook dat min maatreëls in plek is om die eiesoortige eise wat milieu-geremde leerders stel, aan te spreek. Die studie het ook getoon dat die ouers van milieu-geremde leerders ‘n belangelose, apatiese houding teenoor hul skoolwerk openbaar. In ‘n neutedop kan gesê word dat hierdie studie getoon het daar beslis baie meer gedoen moet word om nie net die skryfvaardighede van milieu-geremde leerders by armer plattelandse skole te verbeter nie, maar dat daar ook indringend na… Advisors/Committee Members: Marais, Petro (advisor).

Subjects/Keywords: Skryfvaardighede; Geletterdheid; Plattelandse skole; Milieu-geremde; Onderrig-en assesseringsbenaderings; Leeragterstande; Kwintiele; Oueronbetrokkenheid; Leerondersteuning; Sosio-ekonomiese omstandighede; Strategieë; Kurrikulum-en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV)

Record DetailsSimilar RecordsGoogle PlusoneFacebookTwitterCiteULikeMendeleyreddit

APA · Chicago · MLA · Vancouver · CSE | Export to Zotero / EndNote / Reference Manager

APA (6th Edition):

Plaatjies, B. O. (2016). Ondersoek na onderrigpraktyke in skryfvaardighede aan milieu-geremde leerders by plattelandse skole in die Wes-Kaap. (Doctoral Dissertation). University of South Africa. Retrieved from http://hdl.handle.net/10500/21528

Chicago Manual of Style (16th Edition):

Plaatjies, Bernadictus O’Brain. “Ondersoek na onderrigpraktyke in skryfvaardighede aan milieu-geremde leerders by plattelandse skole in die Wes-Kaap.” 2016. Doctoral Dissertation, University of South Africa. Accessed October 18, 2019. http://hdl.handle.net/10500/21528.

MLA Handbook (7th Edition):

Plaatjies, Bernadictus O’Brain. “Ondersoek na onderrigpraktyke in skryfvaardighede aan milieu-geremde leerders by plattelandse skole in die Wes-Kaap.” 2016. Web. 18 Oct 2019.

Vancouver:

Plaatjies BO. Ondersoek na onderrigpraktyke in skryfvaardighede aan milieu-geremde leerders by plattelandse skole in die Wes-Kaap. [Internet] [Doctoral dissertation]. University of South Africa; 2016. [cited 2019 Oct 18]. Available from: http://hdl.handle.net/10500/21528.

Council of Science Editors:

Plaatjies BO. Ondersoek na onderrigpraktyke in skryfvaardighede aan milieu-geremde leerders by plattelandse skole in die Wes-Kaap. [Doctoral Dissertation]. University of South Africa; 2016. Available from: http://hdl.handle.net/10500/21528

.