
University of Pretoria
1.
Steyn, Annamarie.
Die gebruik
van handpoppe as gespreksmedium tydens groepwerk met kinders in die
middelkinderjare.
Degree: MSW, Social Work and
Criminology, 2017, University of Pretoria
URL: http://hdl.handle.net/2263/60423
Terapeutiese intervensies met kinders steun op die
gebruik van spelmateriale as gespreksmedium. In Gestaltspelterapie
word spelmateriale benut met die aanname dat kinders hul denke en
gevoelens op die spelmateriale projekteer. Projeksie skep n gevoel
van veiligheid wat daartoe bydra dat kinders inligting bespreek wat
hul andersins nie sou opper nie. Handpoppe is n speltegniek wat
verskeie voordele in die terapeutiese konteks inhou. Een van die
uitstaande kenmerke van handpoppe as speltegniek, is dat dit
kommunikasie in die terapeutiese konteks kan bevorder. Handpoppe
kan tydens individuele intervensie en in groepsverband gebruik
word. Die doel van hierdie studie was om die invloed van handpoppe
as gespreksmedium tydens groepwerk met kinders in die
middelkinderjare te bepaal. Vir die doel van die navorsing is
opvoedkundige groepe wat op afkouery as onderwerp fokus met twee
groepe kinders in die middelkinderjare geïmplementeer. Afknouery
het n groot invloed op talle skoolkinders en is as n gepaste
onderwerp vir die groepe beskou. In die studie is n gemengde
navorsingsbenadering gevolg, met toegepaste navorsing as die tipe
navorsing. n Dominante minder dominante navorsingsontwerp is
gevolg. n Multi-groep na-toets navorsingsontwerp is vir die
kwantitatiewe navorsing gebruik, terwyl n kollektiewe
gevallestudie-ontwerp vir die kwalitatiewe deel van die navorsing
gebruik is. Kwantitatiewe data het gefokus op die kommunikasie en
interaksiepatrone tydens groepsessies waar handpoppe gebruik is
teenoor dié sonder die gebruik van handpoppe. Data is deur middel
van gestruktureerde observasie aan die hand van n observasieskedule
ingesamel. Kwalitatiewe data het gefokus op die respondente se
ervaring van die benutting van handpoppe tydens groepwerk.
Semi-gestruktureerde onderhoude met die benutting van n
semi-gestruktureerde onderhoudskedule is gebruik om laasgenoemde
data in te samel. n Totaal van 10 respondente is op grond van
doelgerigte steekproefseleksie vanuit kinders in die
middelkinderjare wat n naskoolsentrum bygewoon het, geselekteer.
Eenvoudige ewekansige steekproefseleksie is gebruik om die
respondente in twee groepe van vyf respondente elk in te deel.
Dieselfde groepwerkprogram is aan albei groepe aangebied. Die
navorsingsbevindinge toon aan dat die benutting van handpoppe oor
die algemeen voordelig vir die kommunikasie en interaksiepatrone in
die twee groepe was. Dit het tot n verhoging van bydraes en van die
inisiëring van gesprekke in die groepe gelei. Die respondente het
groter betrokkenheid by die groep getoon en was meer geneig om
ander groeplede in die groepsgesprek in te sluit. Respondente was
ook minder geneig om bloot die mening van ander te volg wanneer
handpoppe gebruik is. Die meeste respondente het aangetoon dat
hulle dit geniet het om deur die handpoppe te praat. Die benutting
van handpoppe het egter nie daartoe bygedra dat sensitiewe
onderwerpe met negatiewe elemente meer geredelik bespreek is nie.
Sommige respondente het dit moeilik gevind om gelyktydig op die
groepsgesprek en op die manipulering van…
Advisors/Committee Members: Le Roux, M.P. (Liana) (advisor).
Subjects/Keywords: Play
materials; Medium of
discussion; Group
work; Middle
childhood;
UCTD
Record Details
Similar Records
Cite
Share »
Record Details
Similar Records
Cite
« Share





❌
APA ·
Chicago ·
MLA ·
Vancouver ·
CSE |
Export
to Zotero / EndNote / Reference
Manager
APA (6th Edition):
Steyn, A. (2017). Die gebruik
van handpoppe as gespreksmedium tydens groepwerk met kinders in die
middelkinderjare. (Masters Thesis). University of Pretoria. Retrieved from http://hdl.handle.net/2263/60423
Chicago Manual of Style (16th Edition):
Steyn, Annamarie. “Die gebruik
van handpoppe as gespreksmedium tydens groepwerk met kinders in die
middelkinderjare.” 2017. Masters Thesis, University of Pretoria. Accessed December 12, 2019.
http://hdl.handle.net/2263/60423.
MLA Handbook (7th Edition):
Steyn, Annamarie. “Die gebruik
van handpoppe as gespreksmedium tydens groepwerk met kinders in die
middelkinderjare.” 2017. Web. 12 Dec 2019.
Vancouver:
Steyn A. Die gebruik
van handpoppe as gespreksmedium tydens groepwerk met kinders in die
middelkinderjare. [Internet] [Masters thesis]. University of Pretoria; 2017. [cited 2019 Dec 12].
Available from: http://hdl.handle.net/2263/60423.
Council of Science Editors:
Steyn A. Die gebruik
van handpoppe as gespreksmedium tydens groepwerk met kinders in die
middelkinderjare. [Masters Thesis]. University of Pretoria; 2017. Available from: http://hdl.handle.net/2263/60423