Advanced search options

Advanced Search Options 🞨

Browse by author name (“Author name starts with…”).

Find ETDs with:

in
/  
in
/  
in
/  
in

Written in Published in Earliest date Latest date

Sorted by

Results per page:

You searched for subject:( Cherugma). One record found.

Search Limiters

Last 2 Years | English Only

No search limiters apply to these results.

▼ Search Limiters


North-West University

1. Du Plooy, Erina. Riglyne tot hoop-getuienis deur terminale MIV/VIGS lyers : 'n pastorale studie / Erina du Plooy .

Degree: 2010, North-West University

Hoofstuk 1 benadruk die sentrale en skerpsinnig-wyse sleutelposisie van eskatologiese hoop en getuienis daarvan in die lewens van gelowige terminale MIV/VIGS Iyers. 'n Eksegetiese studie van Johannes 9:1-8, Lukas 5:12-15, Job 1:6-22; 2:3-13, Genesis 2:1617, Romeine 5:2-5; 6:5-11; 8:18-25, 1 Petrus 1:3-9 en Matteus 28:19-20 is die studiekern van Hoofstuk 2. Siekte (blindheid, melaatsheid), Iyding en pyn (Job), dood van die mensdom (Adam en Eva) en die retrovitale dood van Jesus Christus, hoop en getuienis is nagevors en ontleed. Vergelykings met huidige tendense waar MIV/VIGS 'n gestigmatiseerde terminale siekte is, word getref. Die basis van hoop op die ewige lewe in die volle teenwoordigheid van God Almagtig, is die beloftes en oorweldigende liefde van die lewende God. Getuienis van hierdie standhoudende en lewende hoop is die Groot Opdrag aan die dissipels van Christus in Matteus 28:19-20, en daarom aan alle gelowiges tot die wederkoms (advent) van Christus. Hoofstuk 3 stel die bydrae vas van die metateorieë van die mediese -, kommunikasiewetenskappe en Psigologie as komplementerende ervaringvelde. Die mediese en sosiale omstandighede van die gelowige terminale MIV/VIGS Iyers toon 'n uiters negatiewe situasie, wat onder meer bestuurbaar gemaak word deur die sogenaamde "signature strengths" van die Positiewe Psigologie. Op 'n veel hoer vlak is spirituele gesondheid en heling, as die vrug van die Hel/lge Gees, van kardinale belang vir die ewige lewe. Hierdie metateorieë bevestig die waarhede rakende die Groot Geneesheer soos in Hoofstuk 2 aangedui, en voorsien verder verhelderende perspektiewe op 'n nuwe prakties-teologiese teorie. Empiriese navorsing aan die hand van 'n kwalitatiewe studie by die gesondheidsentrum van 'n voorstedelike motorvervaardigingaanleg, word in Hoofstuk 4 onderneem. In twee groeponderhoude met multi-veranderlikes per deelnemer (gelowige terminale MIV/VIGS Iyers en 'n kontrolegroep van mediese personeel/gesondheidwerkers), is vasgestel dat die MIV/VIGS Iyers versterkende geestelike krag van hul eskatologiese hoop vir die ewige lewe saam met God, ervaar. Pastorale behoeftes sluit gebed, vertroosting en koinonia/"fellowship" in. Hoofstuk 5 stel praktiese riglyne voor tot kerugmatiese -, liturgiese -, koinoniale -en diakoniale getuienis oor hoop. Versoening met God deur die "retrovitale" liefde/dade van Jesus Christus se dood as die spil-as wat radikaal-Skriftuurlike denke/lewe inisieer (in teenstelling met die "retrovirale" vermoë van die MI-virus waar die "kwaad" vermenigvuldig), word in die riglyne aangemoedig. Getuienis oor hoop aan ander is die "geskenk van die Lewe”. Die slotsom waartoe gekom word, is dat die gelowige terminale MIV/VIGS Iyer tot in die vierde fase van die siekte, oor haar/sy hoop kan getuig. Praktiese riglyne hiertoe moedig die gelowige met enige terminale siekte of in elk geval, aan om met 'n lewe van aanbidding oor hierdie hoop te getuig en s6 die lewende God te eer.; Chapter 1 emphasizes the central and perspicacious position of eschatological hope and witnessing…

Subjects/Keywords: Hoop; Getuienis; Riglyne - MIV Vigs; Pastoraal; Koinonia; Liturgie; Diakonia; Kerugma; Hope; Witness; Guidelines - HIV/Aids; Pastoral; Liturgy; Cherugma

Record DetailsSimilar RecordsGoogle PlusoneFacebookTwitterCiteULikeMendeleyreddit

APA · Chicago · MLA · Vancouver · CSE | Export to Zotero / EndNote / Reference Manager

APA (6th Edition):

Du Plooy, E. (2010). Riglyne tot hoop-getuienis deur terminale MIV/VIGS lyers : 'n pastorale studie / Erina du Plooy . (Thesis). North-West University. Retrieved from http://hdl.handle.net/10394/7770

Note: this citation may be lacking information needed for this citation format:
Not specified: Masters Thesis or Doctoral Dissertation

Chicago Manual of Style (16th Edition):

Du Plooy, Erina. “Riglyne tot hoop-getuienis deur terminale MIV/VIGS lyers : 'n pastorale studie / Erina du Plooy .” 2010. Thesis, North-West University. Accessed October 23, 2019. http://hdl.handle.net/10394/7770.

Note: this citation may be lacking information needed for this citation format:
Not specified: Masters Thesis or Doctoral Dissertation

MLA Handbook (7th Edition):

Du Plooy, Erina. “Riglyne tot hoop-getuienis deur terminale MIV/VIGS lyers : 'n pastorale studie / Erina du Plooy .” 2010. Web. 23 Oct 2019.

Vancouver:

Du Plooy E. Riglyne tot hoop-getuienis deur terminale MIV/VIGS lyers : 'n pastorale studie / Erina du Plooy . [Internet] [Thesis]. North-West University; 2010. [cited 2019 Oct 23]. Available from: http://hdl.handle.net/10394/7770.

Note: this citation may be lacking information needed for this citation format:
Not specified: Masters Thesis or Doctoral Dissertation

Council of Science Editors:

Du Plooy E. Riglyne tot hoop-getuienis deur terminale MIV/VIGS lyers : 'n pastorale studie / Erina du Plooy . [Thesis]. North-West University; 2010. Available from: http://hdl.handle.net/10394/7770

Note: this citation may be lacking information needed for this citation format:
Not specified: Masters Thesis or Doctoral Dissertation

.