Advanced search options

Advanced Search Options 🞨

Browse by author name (“Author name starts with…”).

Find ETDs with:

in
/  
in
/  
in
/  
in

Written in Published in Earliest date Latest date

Sorted by

Results per page:

You searched for +publisher:"University of South Africa" +contributor:("Du Bruyn, J. T"). One record found.

Search Limiters

Last 2 Years | English Only

No search limiters apply to these results.

▼ Search Limiters


University of South Africa

1. De Waal, Jochemus Johannes. Schoemansdal : 'n Voortrekkergrensdorp, 1848-1868.

Degree: 2000, University of South Africa

Op 3 Mei 1848 het 'n aantll blanke nedersetters van Ohrigstad in Soutpansberg aangekom; 'n pioniersdorp, onder Ieiding van Hendrik Potgieter, is gestig en primitiewe huise is opgerig. In 1855 het Stephanus Schoeman die Ieiding oorgeneem en die dorp na homself vemoem. Die plaaslike owerheid het bestaan uit die kommandant-generaal, 'n landdros met heemrade en ander regeringsamptenare sowel as dorpsbeamptes. Tropiese koorssiektes het soms epidemiese afmetings aangcneem en talle mense het gesterf soos die kerkhof met sy rye grafte getuig. Die nedersetters, gehard deur hul swerwersbestaan, het die siektes en ontberings verduur. Vir 16 van die 19 jaar was daar nie 'n vaste predikant nie tot ds N J van Wannelo in 1864 hom in Schoemansdal gevestig het Hy het hom beywer vir die ophefftng van die inwoners op geestelike en onderwysgebied. Die mense was konserwatief en meestal ongeletterd. Hulle was bedagsaam, maar daar was ook ongure en opstandige persone. Hulle klere was eenvoudig en meestal tuisgemaak, en hulle het graag sosiaal verkeer. V erskeie beroepe is beoefen: houtsaery was betalend en hout was oorvloedig; jag was die winsgewendste, want wild en olifante was volop en jagprodukte, veral ivoor waarvan tonne verhandel is, het goeie markpryse behaal. Die swartes wat reeds in die gebied gewoon het, het die blankes met wanttoue bejeen. Blankes het hulle gevestig, grond toegeeien en onbeperk gejag, terwyl die swartes vir hulle moes werk en belasting betaal. Ongehoorsame swart hoofmanne is aangeval, vee is gebuit en vrouens en veral kinders is weggevoer as inboekelinge. Dit het tot openlike vyandelikhede gelei. Veldtogte is gevoer, maar die blankes kon die swartes, weens hulle oninneembare vestings, nie onderwerp nie. Die swartes het gewere op onwettige wyse bekom. Die handel het begin kwyn, smouse en handelaars het weggebly en die inwoners het verann en onder mekaar getwis. Die blankes het in die skans in Schoemansdal saamgetrek en Paul Kruger is met 400 man deur die Transvaalse regering gestuur om die Venda te onderwerp. Die poging het misluk en op 15 Julie 1867 is Schoemansdal ontruim. Enkele maande later is 'n poging deur Schoeman aangewend om die dorp te herwin, maar ook dit was onsuksesvol. Schoemansdal sou nooit weer herbou word nie en was die eerste vesting wat die blankes aan die swart meerdetheid sou oorgee.; May 1848 a number of white settlers from Ohrigstad arrived in the Soutpansberg. Under the leadership of Hendrik Potgieter, a pioneer town was developed. In 1855 Stephan us Schoeman replanned and renamed the town. The local government consisted of the commandantgeneral, a landdrost, heemrade, government officials and town officers. The region was unhealthy and fever stricken. Numerous graves in the graveyard are the tragic signs of many deaths. However, hardy Trekkers, endured the sickness and hardships. For 16 years there was no minister until, in 1864, the Rev Van Warmelo settled in Schoemansdal and worked zealously for the spiritual and educational upliftment of the… Advisors/Committee Members: Du Bruyn, J. T (advisor).

Subjects/Keywords: Soutpansberg; Wbite settlers; Hendrik Potgieter; Stephanus Schoeman; Schoemansdal; Tropical fever; N J van Wannelo; Ivory trade; Black communities; Wbite - black hostilities; Military campaigns; Schoemansdal evacuation

Record DetailsSimilar RecordsGoogle PlusoneFacebookTwitterCiteULikeMendeleyreddit

APA · Chicago · MLA · Vancouver · CSE | Export to Zotero / EndNote / Reference Manager

APA (6th Edition):

De Waal, J. J. (2000). Schoemansdal : 'n Voortrekkergrensdorp, 1848-1868. (Doctoral Dissertation). University of South Africa. Retrieved from http://hdl.handle.net/10500/17984

Chicago Manual of Style (16th Edition):

De Waal, Jochemus Johannes. “Schoemansdal : 'n Voortrekkergrensdorp, 1848-1868.” 2000. Doctoral Dissertation, University of South Africa. Accessed December 06, 2019. http://hdl.handle.net/10500/17984.

MLA Handbook (7th Edition):

De Waal, Jochemus Johannes. “Schoemansdal : 'n Voortrekkergrensdorp, 1848-1868.” 2000. Web. 06 Dec 2019.

Vancouver:

De Waal JJ. Schoemansdal : 'n Voortrekkergrensdorp, 1848-1868. [Internet] [Doctoral dissertation]. University of South Africa; 2000. [cited 2019 Dec 06]. Available from: http://hdl.handle.net/10500/17984.

Council of Science Editors:

De Waal JJ. Schoemansdal : 'n Voortrekkergrensdorp, 1848-1868. [Doctoral Dissertation]. University of South Africa; 2000. Available from: http://hdl.handle.net/10500/17984

.